Jeremiah 51:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Berei die nasies teen haar gereed met die konings van die Meders, sy owerstes en al sy owerstes en die hele land van sy heerskappy. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Bring die leërs van die konings van Medië, hulle leiers en die amptenare en al die lande waaroor hulle regeer teen hulle. |
| Afrikaans 1933/1953 | Heilig nasies teen hom, die konings van M,dië, die goewerneurs en al die owerstes daarvan, ja, die hele land van sy heerskappy. |
| Afrikaans 1983 | Maak die nasies gereed om Babel aan te val, maak gereed die konings van Medië, sy goewerneurs, sy hoë amptenare, en al sy onderhorige lande. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Heilig nasies teen haar – die konings verbonde aan Medië, hulle streekgoewerneurs, al hulle landvoogde, en elke land waaroor hulle heerskappy voer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet vir hierdie mense sê hulle moet gereedmaak om oorlog te maak teen Babel: die konings van die Mediërs, die goewerneurs, al die regeerders, en al die mense in die lande waaroor hulle regeer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Laat die leërs van die konings van Medië en ook hulle leiers en amptenare gereedmaak vir die aanval. Sluit ook by hierdie mag al die leërs in van die volke waaroor hulle beheer het. |