Jeremiah 51:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Stel 'n vaandel op in die land, blaas die basuin onder die nasies, berei die nasies teen haar voor, roep die koninkryke van Ararat, Minni en Ashkenas teen haar bymekaar; stel 'n kaptein teen haar aan; veroorsaak dat die perde as die growwe ruspes opkom.
Afrikaans (NLV) 2011 Hou ’n vaandel op oor die land, blaas op die ramshoring onder die nasies. Berei die nasies voor vir oorlog teen Babel. Roep die koninkryke van Ararat, Minni en Askenas op teen Babel. Stel dan ’n bevelvoerder aan en kom met soveel perde soos ’n swerm sprinkane.
Afrikaans 1933/1953 Hef 'n banier op oor die aarde, blaas die basuin onder die nasies, heilig nasies teen hom, roep teen hom op die koninkryke van Ararat, Minni en Askenas, stel 'n kommandant teen hom aan, laat perde optrek soos stekerige sprinkane!
Afrikaans 1983 Hou 'n vaandel op oor die aarde, blaas die ramshoring onder die nasies, maak hulle gereed om Babel aan te val, roep koninkryke teen hom op: Ararat, Minni en Askenas; benoem 'n bevelvoerder vir die aanslag, bring perde soos sprinkaanswerms!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hou 'n banier omhoog in die land! Blaas die •ramshoring onder die nasies! Heilig nasies teen haar! Roep die koninkryke van Ararat, Minni en Askenas teen haar op! Stel 'n bevelvoerder teen haar aan! Laat perde optrek soos stekelrige sprinkane!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet 'n vlag in die lug ophou oor die aarde, julle moet die ramshoring blaas vir die volke. Julle moet vir die ander volke sê hulle moet gereedmaak om oorlog te maak teen Babel, julle moet die mense van die lande Ararat, Minni en Askenas roep. Julle moet 'n offisier kies en aanstel om al die planne vir die oorlog te maak. Julle moet perde bymekaarmaak, so baie soos sprinkane.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gee ’n teken aan die nasies en blaas op ’n trompet sodat almal kan weet om oorlog teen Babel te kom maak. Roep die volke en lande met konings soos Ararat, Minni en Askenas op vir die oorlog teen Babel. Stel dan ’n bevelvoerder aan om die soldate in die oorlog te lei. Gebruik ook so baie perde dat hulle soos ’n swerm sprinkane sal lyk.