Jeremiah 51:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, Ek het dit teen jou, o verwoestende berg, spreek die HERE, wat die hele aarde verwoes; en Ek sal my hand teen jou uitstrek en jou van die rotse afrol en jou 'n verbrande berg maak.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit kan jy maar weet, vernietiger van die aarde, verwoester van die wêreld, Ek is jou vyand,” sê die Here. “Ek sal teen jou optree, Ek gooi jou teen die berghange af. Ek maak jou ’n verskroeide berg.
Afrikaans 1933/1953 Kyk, Ek het dit teen jou, o berg wat verwoes, spreek die HERE; jy wat die hele aarde verwoes. En Ek sal my hand teen jou uitstrek en jou van die rotse afrol en sal jou maak 'n afgebrande berg.
Afrikaans 1983 Ek gaan teen jou optree, verwoestersberg, sê die Here, jy wat die hele aarde verwoes het; Ek gaan my hand teen jou uitsteek en jou van die rotse afrol; Ek maak jou 'n uitgebrande berg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Kyk, dit is Ek teen jou, berg van die verwoester, verwoester van die hele aarde!” is die uitspraak van die Here. “Ek gaan my hand teen jou uitstrek, jou van die kranse laat afrol. Ek gaan van jou 'n uitgebrande berg maak,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Babel, jy was die berg wat die hele aarde verwoes het, maar hier is Ek, en Ek is téén jou. Ek steek my hand uit teen jou en Ek stoot jou van die rotse af en Ek maak jou soos 'n berg wat verbrand is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vir Babel sê die Here: “Dit kan jy maar weet, Babel, Ek is jou vyand. Jy is soos ’n berg wat die hele wêreld verwoes. Groot en sterk. Maar Ek sal jou teen die hange van die berg laat afrol. Al wat van jou sal oorbly, sal die as wees nadat jy verbrand is.