Jeremiah 51:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En met jou sal Ek die perd en sy ruiter verbrysel; en met jou sal Ek die strydwa en sy ruiter verbrysel;
Afrikaans (NLV) 2011 Ek gebruik jou om perde en ruiters mee te tref, ook strydwaens met hulle bemanning.
Afrikaans 1933/1953 En met jou verbrysel Ek die perd en sy ruiter; en met jou verbrysel Ek die strydwa en die wat daarop ry.
Afrikaans 1983 Ek het perde en ruiters met jou verslaan, Ek het strydwaens en bemannings met jou verslaan,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Met jou verbrysel Ek perde en ruiters; met jou verbrysel Ek strydwaens en bemanning.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het perde stukkend geslaan met jou en ook die soldate wat op die perde ry, Ek het oorlogkarre stukkend geslaan met jou en ook die soldate op die waens.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal jou gebruik om perde en ruiters uitmekaar te slaan en ook oorlogswaens met hulle bemanning.