Jeremiah 51:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en sal na Babel waaiers stuur wat haar sal waai en sy land sal leegmaak; want in die dag van benoudheid sal hulle rondom hom teen haar wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek stuur vreemdelinge na Babel wat hulle sal verstrooi. Op die noodlottige dag sal hulle Babel van alle kante af aanval, en hulle sal die land kaal steel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal vir Babel wanners stuur wat hom sal uitwan en sy land leegskud; want hulle lê rondom teen hom op die dag van onheil. |
| Afrikaans 1983 | Ek stuur mense om Babel uit te skud, hulle sal sy land leegstroop wanneer hulle hom van alle kante af bestorm die dag as die ramp losbreek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek gaan teen Babel vreemdes stuur; hulle sal haar uitwan en haar land kaal stroop. Ja, hulle sal reg rondom haar teen haar stelling inneem op die dag van onheil. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek stuur vyande wat die mense van Babel sal wegvat soos die wind kaf wegwaai. Hulle sal die land leegmaak, want hulle sal van al die kante kom op die dag wanneer die oorlog begin. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal vreemde mense stuur om Babel te verwoes. Hulle sal die mense van Babel verstrooi soos ’n wind wat kaf wegwaai. Hierdie vyand sal Babel van alle kante af aanval. Hulle sal die land ook rot en kaal steel. |