Jeremiah 51:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die deel van Jakob is nie soos hulle nie; want Hy is die Formeerder van alle dinge, en Israel is die staf van sy erfdeel; HERE van die leërskare is sy Naam.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die God van Israel is nie so ’n afgod nie. Hy het alles wat bestaan, gemaak, ook sy eie volk, sy besonderse besitting. Hy is die Here, die Almagtige!
Afrikaans 1933/1953 Jakob se deel is nie soos hulle nie; want Hy is die Formeerder van alles, en Israel is die stam van sy erfenis; HERE van die leërskare is sy Naam.
Afrikaans 1983 Die God van Jakob is nie soos hulle nie, Hy is die Skepper van alles en almal. Daar is 'n volk wat aan Hom behoort. Die Here die Almagtige is sy Naam.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die erfdeel van Jakob is nie soos hulle nie; want Hy is die Een wat alles vorm, en Israel is die stam van sy erfenis – die Here, Heerser oor alle magte, is sy Naam.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die God van Jakob is nie soos die beelde nie, want Hy het alles gemaak. Die Israeliete is sy eie volk. Sy Naam is die Here wat oor alles regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar die God van Israel is nie ’n afgod soos hulle nie. Hy het alles wat bestaan, gemaak. Deel hiervan is sy eie volk. Israel is sy besitting wat Hy baie spesiaal vir Hom uitgesoek het. Hy is die Here wat sterker is as alles en almal!