Jeremiah 51:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Elke mens is brutaal deur sy kennis; elke grondlegger staan beskaamd deur die gesnede beeld, want sy gegote beeld is leuens, en daar is geen asem in hulle nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In vergelyking met Hom is elke mens ’n dwaas, sonder enige kennis! Goudsmede maak afgodsbeelde, maar hulle kom in die skande. Hierdie beelde is ’n leuen, want hulle haal nie asem nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Elke mens word dom, sonder kennis; elke goudsmid staan beskaamd deur die beeld; want sy gegote beeld is 'n leuen, en daar is geen gees in hulle nie. |
| Afrikaans 1983 | Dan sien elke mens hoe dom, hoe sonder kennis hy is; dan staan elke goudsmid verleë met sy afgodsbeeld, want sy beeld is bedrog, daar is geen lewe in nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Alle mense bewys hulleself dom, sonder kennis. Elke goudsmid staan beskaamd oor sy afgodsbeelde, want sy gietsels is bedrog – daar is nie asem in hulle nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar mense wat beelde maak en wat hulle dien, is dom, daardie mense weet niks. Die beelde kan niks vir hulle doen nie, daar is nie lewe in die beelde nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As mense met Hom vergelyk word, lyk hulle maar baie dom. Dit lyk of hulle net mooi niks weet nie. Die goudsmede maak afgodsbeelde, maar hulle kom in die skande. Hierdie beelde is ’n kullery, want hulle haal nie asem nie. |