Jeremiah 51:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As hy sy stem laat hoor, is daar 'n menigte van waters in die hemel; en Hy het die dampe laat opgaan van die eindes van die aarde af;
Afrikaans (NLV) 2011 As Hy praat, is daar donderweer in die hemel. Hy laat die wolke opstyg oor die aarde. Hy laat die weerlig blits as dit reën. Hy laat die wind uit sy stoorkamers kom.
Afrikaans 1933/1953 as Hy sy stem laat hoor, is daar 'n geruis van waters in die hemel; en Hy laat dampe opgaan van die einde van die aarde; Hy maak bliksems vir die reën en laat die wind uitgaan uit sy voorraadskure.
Afrikaans 1983 Wanneer Hy sy stem laat hoor, druis die water in die hemel; Hy laat die mis opstyg van die eindes van die aarde af, Hy laat die weerlig slaan wanneer dit reën, Hy laat die wind uit sy voorraadskure uitkom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) in sy stem, wanneer Hy dit laat hoor, is daar die gedruis van water in die hemel. Hy laat stapelwolke opstyg aan die einde van die aarde; Hy maak weerligstrale vir die reën; Hy laat die wind vry uit sy voorraadkamers.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer Hy praat, dan raas die water in die hemel. Hy bring die wolke van ver oor die aarde, Hy laat die weerlig slaan en die wind waai.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As Hy praat, is daar donderweer in die hemel. Hy laat die wolke oor die aarde opkom. Verder laat Hy ook die weerlig slaan as dit reën. Hy laat die wind uit sy stoorkamers uitkom.