Jeremiah 51:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het die aarde gemaak deur sy krag, Hy het die wêreld gegrond deur sy wysheid, en Hy het die hemel uitgespan deur sy insig.
Afrikaans (NLV) 2011 Deur sy krag het Hy die aarde gemaak, deur sy wysheid die wêreld tot stand gebring. Deur sy insig het Hy die hemel uitgestrek.
Afrikaans 1933/1953 Hy wat die aarde gemaak het deur sy krag, die wêreld gegrond het deur sy wysheid en die hemel uitgespan het deur sy verstand --
Afrikaans 1983 Dit is die Here wat met sy krag die aarde gemaak het, wat met sy wysheid die wêreld gevestig het en met insig die hemel oopgesprei het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy wat die aarde gemaak het deur sy krag, wat die wêreld gevestig het deur sy wysheid, en deur sy insig die hemel oopgespan het –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het die aarde en die hemel gemaak. Hy het dit gedoen met sy krag en sy wysheid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het die aarde deur sy krag gemaak. Deur sy kennis het Hy die wêreld gemaak en deur sy insig het die uitgestrekte hemel vorm gekry.