Jeremiah 51:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die HERE van die leërskare het by Homself gesweer en gesê: Voorwaar, Ek sal jou vervul met mense soos met ruspes; en hulle sal 'n geroep teen jou aanhef.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here, die Almagtige, sweer by Homself: “Julle vyande sal oor julle spoel soos ’n swerm sprinkane in ’n koringland. Hulle sal die oorwinning oor julle uitskreeu.”
Afrikaans 1933/1953 Die HERE van die leërskare het by Homself gesweer: Al het Ek jou vol mense gemaak soos sprinkane, tog sal hulle oor jou 'n vreugdegeroep aanhef.
Afrikaans 1983 Die Here die Almagtige het 'n eed afgelê by Homself: Ek laat die vyande soos sprinkane op jou toesak, en hulle sal met 'n geskreeu die oorwinning oor jou vier.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here, Heerser oor alle magte, het by Homself 'n eed afgelê: “Ek maak jou vol mense, soos met voetgangersprinkane – hulle sal oorwinningskrete oor jou aanhef.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here wat oor alles regeer, het besluit, en Hy is self die getuie. Hy sê: “Ek sal baie soldate in jou laat kom, so baie soos sprinkane, en hulle sal skree en jou oorwin.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here wat sterker as alles en almal is, sweer by Homself: “Julle kan vir seker weet, julle vyande sal julle stad oorspoel net soos ’n swerm sprinkane met ’n koringland maak. Hulle sal luidkeels skree om te wys dat hulle Babel verslaan en ingeneem het.”