Jeremiah 51:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sit die vaandel op teen die mure van Babel, maak die wag sterk, rig die wagte op, berei die hinderlae voor, want die HERE het uitgedink en gedoen wat Hy teen die inwoners van Babel gespreek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Lig die vlag om die mure van Babel aan te val. Versterk die wagposte! Plaas wagte oral uit! Stel hinderlae op! Die Here het ’n plan met die Babiloniërs, Hy voer dit uit! |
| Afrikaans 1933/1953 | Hef 'n banier op teen die mure van Babel, versterk die wagposte, sit wagte uit, hou hinderlae klaar; want soos die HERE Hom voorgeneem het, so het Hy gedoen wat Hy oor die inwoners van Babel gespreek het. |
| Afrikaans 1983 | Steek 'n vaandel op teen die mure van Babel, versterk die wagposte, sit wagte uit, stel hinderlae op, want die Here gaan sy besluit uitvoer, Hy gaan met die inwoners van Babel doen wat Hy gesê het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Rig by die stadsmuur van Babel 'n banier op! Versterk die wagposte; plaas wagte uit! Kry dié wat in hinderlae lê, gereed! Ja, die Here het sowel beplan as uitgevoer wat Hy vir die inwoners van Babel gesê het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet die vlag in die lug ophou by die muur van Babel, julle moet wagte rondom die stad laat staan, julle moet soldate laat wegkruip rondom die stad, want die Here het besluit en Hy sál doen wat Hy gesê het met die mense van Babel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gee die teken met die vlag om te wys die oorlog teen die Babiloniërs het begin. Val die mure van Babel aan! Sorg dat daar oral wagte op hulle plekke is en dat hulle op en wakker is. Stel ook vir hulle hinderlae om in vas te loop.” Die Here weet wat Hy vir die Babiloniërs in gedagte het. Hy sal sorg dat wat Hy beplan het, so sal gebeur. |