Jeremiah 51:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die HERE het ons geregtigheid voortgebring; kom, laat ons in Sion die werk van die HERE onse God verkondig.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het ons onskuld bewys. Kom ons vertel in Jerusalem wat die Here ons God gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 Die HERE het ons geregtighede te voorskyn gebring; kom en laat ons in Sion vertel die werk van die HERE onse God!
Afrikaans 1983 Die Here het vir ons redding gebring; kom ons gaan vertel in Sion wat die Here ons God gedoen het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het ons regte weer na vore gebring. Kom, laat ons in Sion vertel van die daad van die Here ons God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het ons gered. Ons moet in Sion gaan vertel wat ons God die Here gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het bewys dat ons nie skuldig is nie. Kom ons gaan Jerusalem toe. Daar kan ons alles vertel wat die Here ons God gedoen het.”