Jeremiah 50:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want kyk, Ek sal 'n vergadering van groot nasies uit die noordelike land laat optrek en teen Babel laat optrek; daarvandaan sal sy geneem word; hulle pyle sal wees soos van 'n magtige deskundige; niemand sal tevergeefs terugkeer nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want Ek sal uit ’n land in die noorde ’n klomp nasies se gesamentlike mag op die been bring. Ek sal hulle teen Babel laat optrek en die stad van die buitewêreld afsny. Hulle sal die stad oorneem. Hulle is soos vaardige vegters wat hulle wapens goed gebruik. Hulle mis nie ’n teiken nie! |
| Afrikaans 1933/1953 | Want kyk, Ek verwek en laat teen Babel optrek 'n menigte van groot nasies uit die Noordland; die sal hulle teen hom opstel -- daarvandaan sal hy ingeneem word; hulle pyle sal wees soos die van 'n voorspoedige held wat nie met leë hande terugkom nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek gaan uit 'n land in die noorde 'n groep groot nasies laat kom en hulle teen Babel laat optrek. Hulle sal in gelid teen hom opruk en hy sal van die noorde af ingeneem word. Hulle pyle is soos dié van 'n soldaat wat kinders wees laat word: elke pyl skiet raak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want kyk, Ek maak hulle wakker en laat hulle teen Babel optrek – 'n bondgenootskap van groot nasies uit 'n land in die noorde. Hulle sal gevegslinies teen haar opstel, van daardie kant af sal sy ingeneem word. Hulle pyle is soos dié van 'n held wat sukses behaal; hy keer nie met leë hande terug nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want kyk, Ek maak 'n groep groot volke wakker uit die land in die noorde en Ek bring hulle om Babel aan te val. Hulle kom staan reg om oorlog te maak, hulle begin by die noordekant en hulle oorwin die stad. Hulle is manne wat weet hoe om oorlog te maak, al hulle pyle skiet raak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kyk mooi wat Ek gaan doen. Ek gaan ’n sterk mag op die been bring uit nasies wat uit die noorde kom. Ek sal hulle teen Babel laat optrek en die stad van die buitewêreld laat afsny. Hulle sal die stad oorneem. Hulle sal dit regkry deur hulle wapens baie goed te gebruik en nie een teiken te mis nie. |