Jeremiah 50:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Trek weg uit die midde van Babel en trek uit die land van die Chaldeërs uit, en wees soos die bokke voor die kleinvee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Vlug weg uit Babel! Gee pad uit die land van die Babiloniërs! Wees julle die voorbokke wat die koers aandui vir die trop. |
| Afrikaans 1933/1953 | Vlug uit Babel, en gaan uit die land van die Chaldeërs, en wees soos bokke voor die trop kleinvee uit! |
| Afrikaans 1983 | Vlug uit Babel uit, gaan uit Galdeërland uit, wees soos die voorbokke voor die kleinveetrop! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Vlug uit Babel! Gaan weg uit die land van die Galdeërs! Wees soos bokramme voor die kleinvee! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Julle moet vlug uit Babel, julle moet uitgaan uit Galdeër-land, julle moet wees soos die leierbokke voor die skape en bokke. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê vir sy volk: “Vlug weg uit Babel! Gee pad uit die land van die Babiloniërs! Wees julle die voorbokke wat die koers wys vir die ander wat op pad terug is na julle eie land toe. |