Jeremiah 50:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Almal wat hulle gevind het, het hulle opgeëet; en hulle teëstanders het gesê: Ons neem nie aanstoot nie, omdat hulle gesondig het teen die HERE, die woning van die geregtigheid, die HERE, die hoop van hulle vaders. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Almal met wie hulle paaie gekruis het, het hulle verslind. Hulle vyande het gesê: ‘Ons is nie skuldig nie, want dit is hulle wat teen die Here sondig, die Here, hulle ware rusplek en die hoop van hulle voorouers.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Almal wat hulle kry, het hulle opgeëet; en hulle teëstanders het gesê: Ons maak ons nie skuldig nie, omdat hulle gesondig het teen die HERE, die Woning van geregtigheid en die Verwagting van hulle vaders, die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Hulle is opgeëet deur enigeen wat op hulle afgekom het, en hulle vyande het gesê: “Ons het nie skuld daaraan nie, dit gebeur omdat hierdie volk gesondig het teen die Here, die Here by wie hulle 'n ware tuiste kon vind en op wie hulle voorvaders hulle hoop gevestig het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Almal wat hulle raakgeloop het, het hulle verslind; en hulle vyande het gesê, ‘Ons is nie skuldig nie, aangesien hulle teen die Here gesondig het, teen Hom, die ware tuiste, die hoop van hulle voorouers, die Here.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Almal wat by die skape gekom het, het die skape geslag en geëet, en hulle vyande het gesê: ‘Die Here sal ons nie straf nie, want die Israeliete het sonde gedoen teen die Here. Die Here wou vir hulle soos 'n weiveld wees waar hulle kon rus. Hulle voorvaders het geglo dat Hy die Here is wat hulle sal help.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Almal wat hulle teëgekom het, het hulle skade aangedoen. Hulle vyande het gesê: ‘As ons hulle aanval, doen ons niks verkeerds nie. Hulle het verkeerd gedoen. Dit is hulle wat die verkeerde dinge gedoen het wat die Here ongelukkig maak. Hy is hulle ware rusplek en hulle voorouers het Hom vir alles vertrou. Dit is teenoor Hom dat hulle verkeerd gedoen het.’” |