Jeremiah 50:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) My volk was verlore skape; hulle herders het hulle laat dwaal, hulle het hulle op die berge weggedraai; van berg tot heuwel het hulle gegaan, hulle het hulle rusplek vergeet.
Afrikaans (NLV) 2011 “My volk is verdwaalde skape. Hulle herders het hulle in ’n verkeerde koers gelei en agtergelaat om in die berge rond te dwaal. Hulle dwaal rond van heuwel tot heuwel, sonder om te onthou waar hulle rusplek is.
Afrikaans 1933/1953 'n Kudde verlore skape was my volk; hulle herders het hulle laat dwaal, hulle weggevoer na die berge toe; hulle het gegaan van berg na heuwel, hulle het hul lêplek vergeet.
Afrikaans 1983 My volk was skape wat weggeraak het: hulle herders het hulle laat verdwaal, hulle in die berge laat rondswerf; die skape het van die een berg na die ander toe geloop en vergeet waar hulle rusplek is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Verlore kleinvee was my volk; hulle herders het hulle laat afdwaal, hulle op die berge laat verdwaal. Van berg na heuwel het hulle gegaan, hulle het hulle rusplek vergeet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) My volk was soos skape wat weggeraak het, hulle herders het hulle laat wegraak en laat verdwaal op die berge. Hulle het van die een berg na die ander berg geloop en hulle het vergeet waar hulle lêplek is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê ook van sy volk: “Hulle is soos verdwaalde skape. Hulle herders het hulle in ’n verkeerde koers gelei en gelos om in die berge rond te dwaal. Op die ou einde het hulle heeltemal in die heuwels verdwaal. Hulle het vergeet waar hulle rusplek is.