Jeremiah 50:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle sal die pad na Sion vra met hulle aangesig daarheen en sê: Kom, laat ons ons by die HERE aansluit in 'n ewige verbond wat nie vergeet sal word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sal vra hoe om by Jerusalem te kom en dan begin om terug te gaan huis toe. Hulle sal hulleself aan die Here verbind met ’n ewige verbond wat hulle nooit sal vergeet nie.
Afrikaans 1933/1953 Hulle sal na Sion vra; op die pad hierheen sal hulle aangesig gerig wees; hulle sal kom en by die HERE aansluit in 'n ewige verbond wat nie vergeet sal word nie.
Afrikaans 1983 Hulle sal die pad vra na Sion toe, hulle sal hiernatoe kom en sê: “Kom ons bind ons aan die Here in 'n blywende verbond wat nie vergeet sal word nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Na Sion sal hulle die pad vra, met hulle gesigte daarheen gedraai. Hulle sal kom en hulleself verbind aan die Here met 'n ewige verbond wat nie vergeet sal word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal vra waar is die pad na Sion en hulle sal na Sion gaan, hulle sal kom om by die Here te wees. Ek sal my verbond met hulle nooit breek nie, dit sal vir altyd wees, en hulle sal dit nie vergeet nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle sal vra hoe om by Jerusalem uit te kom en soontoe begin gaan. Hulle sal besluit om ’n ooreenkoms met die Here te maak wat nooit weer sal ophou bestaan nie. Hierdie ooreenkoms sal ook nooit verbreek word nie.”