Jeremiah 50:46 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | By die geraas van die inname van Babel word die aarde bewe, en die geskreeu word gehoor onder die nasies. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die geluid van Babel se val sal die aarde laat bewe. Al die volke van die wêreld sal hulle wanhoopskrete hoor. |
| Afrikaans 1933/1953 | Van die tyding: Babel is ingeneem! bewe die aarde, en geskreeu word onder die nasies gehoor. |
| Afrikaans 1983 | Die aarde sal skud van die dreuning wanneer Babel ingeneem word, die geroep om hulp sal gehoor word deur die ander nasies. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Oor die uitroep “Babel is verower!” bewe die aarde. 'n Hulpgeroep word onder die nasies gehoor. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die aarde sal skud wanneer Babel val, die volke sal hoor hoe skree die mense van Babel.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer die vyand Babel inval, sal die aarde daarvan bewe en dreun. Die mense van Babel sal hard skree omdat hulle nie meer hoop vir die toekoms sien nie. Hulle sal skree omdat hulle nie meer hoop het nie. Al die volke van die wêreld sal hulle geskree hoor.” |