Jeremiah 50:45 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, hoor die raad van die HERE wat Hy teen Babel geneem het; en sy voornemens wat hy teen die land van die Chaldeërs besluit het: Waarlik, die geringstes van die kudde sal hulle uittrek; sekerlik sal hy hulle woning saam met hulle 'n wildernis maak.
Afrikaans (NLV) 2011 Luister na die Here se plan met Babel en die land van die Babiloniërs. Selfs klein kindertjies sal uit hulle land weggevat word. Hulle huise sal leeg staan.
Afrikaans 1933/1953 Daarom, hoor die raadsbesluit van die HERE wat Hy teen Babel geneem en sy planne wat Hy teen die land van die Chaldeërs beraam het: Waarlik, die kleinstes van die kudde sal weggesleep word; waarlik, hulle weiveld sal oor hulle verslae wees.
Afrikaans 1983 Hoor wat die Here besluit het, wat sy beslissing oor Babel is, wat Hy Hom voorgeneem het oor Galdeërland: hulle sal weggesleep word deur hulle eie jongmanne, die Galdeërs se woonplek sal deur hulle eie toedoen verwoes word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom, luister na die raadsbesluit van die Here wat Hy teen Babel geneem het, en na sy planne wat Hy teen die land van die Galdeërs beraam het: Hulle sal hulle beslis wegsleep, selfs die kleinstes van die kudde. Oor hulle sal Hy beslis hulle weiding laat verwoes.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom moet julle hoor wat die Here besluit het oor Babel, julle moet hoor wat Hy wil doen met die mense van Galdeër-land. Die vyande sal hulle kinders wegsleep, dit is seker, hulle sal al die mense wegvat uit die woonplek van die Galdeërs, dit is seker.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Luister ’n bietjie na die plan wat die Here met Babel en die land van die Babiloniërs het. Hy sê: “Ek sal toelaat dat hulle kinders weggevat word uit hulle land uit. Hulle sal geskok staan as hulle dit sien gebeur.