Jeremiah 50:44 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, hy sal soos 'n leeu optrek uit die golwe van die Jordaan na die woonplek van die sterkes; maar Ek sal hulle skielik van haar laat wegvlug; en wie is 'n uitverkore man, dat Ek oor haar kan aanstel? want wie is soos ek? en wie sal vir my die tyd bepaal? en wie is daardie herder wat voor my sal staan? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal soos ’n leeu uit die digte bosse by die Jordaan kom en skape bespring wat besig is om te wei. Ek sal die mense van Babel uit hulle land jaag. Daarna sal Ek ’n leier kies wat Ek daar sal aanstel. Wie kan met My vergelyk word? Wie kan My uitdaag? Watter koning sal waag om teen My in opstand te kom?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, soos 'n leeu uit die pronkbosse van die Jordaan sal daar een optrek teen die vaste woning; want in 'n oomblik sal Ek hulle daaruit wegjaag, en hom wat uitgekies is, sal Ek daaroor aanstel. Want wie is soos Ek? En wie sal My dagvaar? En wie is tog 'n herder wat voor my aangesig kan standhou? |
| Afrikaans 1983 | Soos 'n leeu uit die digte Jordaanbos toeslaan op 'n weiveld aan 'n standhoudende stroom, so sal Ek die mense van Babel eensklaps verjaag uit hulle land, en Ek sal vir dié taak aanwys wie Ek verkies. Wie is soos Ek, wie kan My tot verantwoording roep? Wie is die regeerder wat teen My kan standhou? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, soos wanneer 'n leeu opkom uit die trots van die Jordaan na 'n weiplek aan 'n standhoudende stroom, ja, so sal Ek hulle vinnig daarvandaan laat weghardloop; en wie daartoe verkies is, sal Ek daar aanstel. Want wie is soos Ek? Wie kan My voor die gereg daag? Wie is hierdie herder wat voor My sal standhou?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “ Dit moet julle weet, soos die diere in 'n weiveld langs 'n waterstroom vlug wanneer 'n leeu uit die bosse by die Jordaan-rivier kom, so sal Ek die mense van Babel skielik laat vlug uit hulle land en Ek sal iemand kies om oor die land te regeer. Want wie is soos Ek, en wie kan doen wat Ek doen? Watter koning kan téén My wees en aanhou lewe? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê ook: “Ek sal soos ’n leeu maak wat uit die digte bosse by die Jordaan spring en die skape aanval wat besig is om te wei. Ek sal die mense van Babel uit hulle land jaag. Daarna sal Ek ’n leier wat Ek verkies, daar aanstel. Sê ’n bietjie vir My, wie kan met My vergelyk word? Wie kan My uitdaag? Watter koning kan dit durf waag om hom nie te steur aan wat Ek wil hê of verwag nie?” |