Jeremiah 50:43 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die koning van Babel het die gerug oor hulle gehoor, en sy hande het verslap geword;
Afrikaans (NLV) 2011 Berigte oor hulle het die koning van Babel bereik. Dit het hom lam van vrees gemaak. Angs en pyn het hom beetgepak, soos ’n vrou in kraam.
Afrikaans 1933/1953 Die koning van Babel het die gerug van hulle gehoor, en sy hande het slap geword; benoudheid het hom aangegryp, smart soos van een wat baar.
Afrikaans 1983 Die koning van Babel het die gerug oor hulle gehoor, sy hande hang slap, angs pak hom beet, benoudheid soos dié van 'n vrou wat 'n kind in die wêreld bring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning van Babilonië het berig gekry oor hulle, en sy moed het hom begewe. Benoudheid het hom beetgepak, angs soos wanneer 'n vrou geboorte gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer die koning van Babel hoor dat sy vyande kom, dan word sy hande pap, hy word bang, hy kry seer soos 'n vrou wat 'n baba kry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die nuus het by die koning van Babel uitgekom dat ’n mag besig was om teen hulle op te trek. Dit het hom lam van vrees gemaak. So erg was dit dat hy verskriklike angs en pyne begin kry het.”