Jeremiah 50:42 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle sal die boog en die lans vashou; hulle is wreed en sal geen barmhartigheid bewys nie; hulle stem sal dreun soos die see, en hulle sal op perde ry, elkeen in tou, soos 'n man vir die geveg, teen jou, O dogter van Babilon.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle is met boog en spies gewapen. Hulle is baie wreed en toon geen genade nie. Hulle ry op perde en klink soos die see wat dreun. Hulle marsjeer in formasie, reg om julle aan te val, mense van Babel!
Afrikaans 1933/1953 Boog en lans hanteer hulle; hulle is wreed en sonder barmhartigheid; hulle geluid bruis soos die see, en hulle ry op perde, gewapend soos 'n man vir die oorlog, teen jou, o dogter van Babel!
Afrikaans 1983 Hulle is gewapen met pyl en boog en swaard, hulle is wreed en spaar niemand nie. Hulle krygsgeskreeu dreun soos die see, hulle kom aan op hulle perde, hulle soldate is reg vir die aanval op jou, Babel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Boog en kromswaard hou hulle gereed, harteloos is hulle, en genadeloos. Hulle klink soos die see wat dreun; op perde ry hulle. Hulle is manne wat in 'n gevegslinie opgestel is teen jou, dogter van Babel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Elkeen het 'n pyl en boog en 'n spies, hulle is wreed, hulle is vir niemand jammer nie. Wanneer hulle skree, dan raas dit soos die see. Hulle ry op perde, en hulle is gereed om oorlog te maak teen julle, mense van Babel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het al die wapens wat nodig is om te veg. Hulle is baie wreed en sal niemand spaar nie. Die troepe ry op perde en dit klink soos die see wat dreun as hulle aankom. Hulle is goed georganiseerd en reg om julle aan te val, mense van Babel.