Jeremiah 50:41 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, 'n volk sal uit die noorde kom en 'n groot nasie, en baie konings sal opgewek word van die streke van die aarde af. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Kyk, ’n groot leër uit die noorde is op pad! ’n Groot nasie en baie konings uit veraf dele van die aarde trek teen julle op. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, daar kom 'n volk uit die Noorde, en 'n groot nasie en magtige konings word opgewek uit die agterhoeke van die aarde. |
| Afrikaans 1983 | Daar kom 'n volk uit die noorde, 'n groot nasie, baie konings ruk op uit die uithoeke van die aarde. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Kyk, 'n volk kom uit die noorde, 'n groot nasie en talle konings. Hulle is wakker gemaak by die uithoeke van die aarde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Kyk, daar kom 'n volk uit die noorde, 'n groot volk, daar kom baie konings van oral op die aarde. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “Wees gewaarsku, ’n volk uit die noorde is op pad na julle toe, Babel. Dit is ’n groot, sterk nasie. Baie konings uit die verste dele van die aarde is besig om reg te maak om teen julle op te trek. |