Jeremiah 50:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In dié dae en in dié tyd, spreek die HERE, sal die kinders van Israel kom, hulle en die kinders van Juda saam, en gaan en ween; hulle sal gaan en die HERE hulle God soek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sê: “In dié tyd sal die mense van Israel en Juda weer bymekaarkom. Hulle sal loop en huil terwyl hulle na die Here hulle God soek. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die dae en in die tyd, spreek die HERE, sal die kinders van Israel kom, hulle met die kinders van Juda saam; onder geween sal hulle voorttrek en die HERE hulle God soek. |
| Afrikaans 1983 | Dan, daardie tyd, sê die Here, sal die Israeliete en die Judeërs saam vertrek. Hulle sal huil-huil loop en na die wil van die Here hulle God vra. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “In daardie dae en in daardie tyd,” is die uitspraak van die Here, “sal die Israeliete kom, hulle en die Judeërs saam. Terwyl hulle loop en huil, sal hulle die Here hulle God soek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Wanneer dit gebeur, in daardie tyd, dan sal die Israeliete kom, en die Judeërs sal saam met hulle kom. Hulle sal loop en huil en hulle sal hulle God die Here soek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here God sê: “In hierdie tyd sal die mense van Israel en Juda weer bymekaarkom. Hulle sal huil omdat hulle jammer is oor alles wat hulle verkeerd gedoen het. In dié gesindheid sal hulle na My toe kom en probeer om weer in my goeie boekies te kom. |