Jeremiah 50:39 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom sal die wilde diere van die woestyn saam met die wilde diere van die eilande daar woon, en die uile sal daarin woon; en dit sal vir ewig nie meer bewoon word nie; en daar mag nie van geslag tot geslag bewoon word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wilde woestyndiere, hiënas en volstruise sal Babel hulle blyplek maak. Mense sal nooit weer daar bly nie, ook nie toekomstige geslagte nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom sal daar boskatte saam met wildehonde bly; ook sal daar volstruise in bly; 'n mens sal daar in ewigheid nie meer bly nie, en dit sal nie bewoon word van geslag tot geslag nie. |
| Afrikaans 1983 | Die stad sal bewoon word deur hiënas en jakkalse, daar sal volstruise bly; die stad sal nooit weer bewoon word nie, niemand sal ooit weer daar bly nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom sal woestyndiere saam met hiënas daar bly; ook steenuile sal daarin bly. Sy sal vir ewig nie weer bewoon word nie, van geslag tot geslag nooit weer 'n tuiste bied nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom sal hiënas saam met woestyn-diere in Babel woon, en volstruise sal daar rondloop. Daar sal nooit weer mense woon nie, daar sal nooit weer iemand bly nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “Wilde diere sal Babel hulle blyplek maak. Daar sal nooit weer mense wees wat daar bly nie, maar hiënas en volstruise sal daar bly. |