Jeremiah 50:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Droogte is oor sy waters; en hulle sal verdroog, want dit is die land van gesnede beelde, en hulle is mal oor hulle drekgode.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit tref ook hulle watervoorrade wat sal opdroog. Hoekom? Want die hele land is vol afgode, en die mense is dol oor hulle.
Afrikaans 1933/1953 Droogte oor sy waters, dat hulle kan uitdroog! Want dit is 'n land van gesnede beelde, en deur die skrikgestaltes is hulle waansinnig.
Afrikaans 1983 lê droog sy gragte dat hulle opdroog; hy is 'n land vol afgodsbeelde wat mal word van die skrik wat hulle tref.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Trek die swaard teen haar waters! Dit moet opdroog! Want dit is 'n land van afgodsbeelde; en deur dié drogbeelde raak hulle waansinnig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek stuur droogte, sodat daar nie water sal wees nie. Ek doen dit, want Babel is 'n land vol beelde, die mense is baie lief vir afgodsbeelde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit sal selfs ook hulle water raak. Die water sal opdroog. Die rede hoekom al hierdie dinge gebeur, is die afgode. Die hele land is vol afgode en die mense is dol oor hulle.”