Jeremiah 50:37 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | 'n Swaard is oor hulle perde en oor hulle strydwaens en oor al die gemengde mense wat in haar midde is; en hulle sal soos vroue word: 'n swaard is oor sy skatte; en hulle sal beroof word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As die geweld die perde, die strydwaens en huursoldate tref, sal hulle so swak soos vroue word. As geweld die skatkis tref, sal hulle geplunder word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die swaard oor sy perde en sy strydwaens en oor die hele gemengde bevolking wat daar binne-in is, dat hulle vroue kan word! Die swaard oor sy skatte, dat hulle geplunder kan word! |
| Afrikaans 1983 | trek die swaard teen sy perde en sy strydwaens, teen die huurtroepe by hom dat hulle soos vrouens word; trek die swaard teen sy skure dat hulle geplunder word; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Trek die swaard teen haar perde en strydwaens, teen die hele gemengde bevolking in haar midde! Hulle sal soos vroue word. Trek die swaard teen haar voorraadkamers! Dit sal geplunder word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek stuur mense met swaarde teen hulle perde en teen hulle oorlogkarre in Babel en teen al die soldate wat hulle gehuur het, hulle almal sal soos vroue word. Ek stuur mense met swaarde teen hulle stoorkamers, die vyande sal alles wegvat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Selfs die soldate wat met perde en strydwaens ry, sal soos papbroeke reageer. Dieselfde sal ook met hulle huursoldate gebeur. In die oorlog sal al hulle kosbare goed ook gesteel word. |