Jeremiah 50:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) 'n Swaard is oor die leuenaars; en hulle sal vreet: 'n swaard is oor sy helde; en hulle sal verskrik wees.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die swaard tref die waarsêers sodat hulle verdwaas staan. En die swaard tref sy soldate sodat hulle vreesbevange is.
Afrikaans 1933/1953 Die swaard oor die grootpraters, dat hulle dwaas kan word! Die swaard oor sy helde, dat hulle verskrik kan word!
Afrikaans 1983 trek die swaard teen sy waarsêers dat dit kan blyk watter onsin hulle praat; trek die swaard teen sy soldate dat hulle skrikbevange kan word;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Trek die swaard teen die orakelpriesters! Hulle sal dwase word. Trek die swaard teen haar helde! Hulle sal verslae staan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek stuur mense met swaarde teen hulle waarsêers, almal sal weet hulle is dwase. Ek stuur mense met swaarde teen hulle soldate, hulle almal sal skrik.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar wag oorlog vir die waarsêers. Hulle sal gekke van hulleself maak oor wat hulle voorspel. As die oorlog begin, sal die soldate bewe van angs.