Jeremiah 50:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) 'n Swaard is oor die Chaldeërs, spreek die HERE, en oor die inwoners van Babel en oor sy vorste en oor sy wyse manne.
Afrikaans (NLV) 2011 “Trek die swaard uit teen die Babiloniërs. Tref die inwoners van Babel, die leiers en wyses daarmee,” sê die Here.
Afrikaans 1933/1953 Die swaard oor die Chaldeërs, spreek die HERE, en oor die inwoners van Babel en oor sy vorste en oor sy wyse manne!
Afrikaans 1983 Trek die swaard teen die Galdeërs, sê die Here, teen die inwoners van Babel, teen sy amptenare en sy raadgewers;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Trek die swaard teen die Galdeërs,” is die uitspraak van die Here, “teen die inwoners van Babel, teen haar •hoë amptenare en teen haar wyse manne!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Ek stuur mense met swaarde teen die Galdeërs, teen die mense van Babel, teen hulle amptenare en teen hulle wyse mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar wag oorlog en dood vir die leiers van die Babiloniërs. Maar nie net vir hulle nie, ook vir die raadgewers en al die mense van Babel.