Jeremiah 50:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle Verlosser is sterk; die HERE van die leërskare is sy Naam; Hy sal hulle regsaak volkome verdedig, om die land rus te gee en die inwoners van Babel onrus te maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar daar ís Iemand wat hulle loskoop om vry te kom. Dit is die Here, die Almagtige. Hy sal vir hulle intree en rus bring in die land, maar onrus vir die inwoners van Babel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hulle Verlosser is sterk, HERE van die leërskare is sy Naam; Hy sal hulle saak sekerlik verdedig, om die aarde rus te gee en die inwoners van Babel in onrus te bring. |
| Afrikaans 1983 | Maar hulle Beskermer is magtig; sy Naam is die Here die Almagtige. Hy sal vir hulle reg opkom: Hy sal rus bring in die land Israel, maar onrus vir die inwoners van Babel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle losser is sterk, Here, Heerser oor alle magte is sy Naam. Hy sal beslis hulle regstryd voer, sodat Hy die aarde tot rus kan bring, maar onrus kan skep vir die inwoners van Babel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die God wat hulle vrymaak, is sterk, sy Naam is die Here wat oor alles regeer. Hy sal hulle help om teen hulle vyande te veg en Hy sal vrede bring in die land Israel, maar Hy sal nie vrede bring vir die mense van Babel nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar daar is iemand wat hulle help om vry te kom. Hy is baie sterk. Hy is die Here wat sterker as alles en almal is. Hy sal hulle belange op die hart dra en sorg dat hulle rus en vrede in hulle land sal hê. Die vooruitsigte vir die mense van Babel is nie goed nie. Hulle sal nie rus en vrede hê nie, maar probleme. |