Jeremiah 50:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE van die leërskare: Die kinders van Israel en die kinders van Juda is saam verdruk, en almal wat hulle as gevangenes weggevoer het, het hulle vasgehou; hulle het geweier om hulle te laat gaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here, die Almagtige, sê: “Die mense van Israel en Juda is onderdruk. Die vyand wat hulle gevang het, weier om hulle vry te laat.
Afrikaans 1933/1953 So sê die HERE van die leërskare: Die kinders van Israel en die kinders van Juda is saam verdruk; en almal wat hulle as gevangenes weggevoer het, hou hulle vas, weier om hulle te laat trek.
Afrikaans 1983 So sê die Here die Almagtige: Die Israeliete word verdruk, en saam met hulle die Judeërs. Dié deur wie hulle gevange gehou word, hou hulle vas en weier om hulle vry te laat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So sê die Here, Heerser oor alle magte: “Die Israeliete word verdruk, en die Judeërs saam met hulle. Almal wat hulle weggevoer het, hou hulle terug, hulle weier om hulle te laat gaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here wat oor alles regeer, sê: “Vyande het die Israeliete verdruk, hulle het ook die Judeërs verdruk. Vyande het hulle gevang en vasgehou, en wou hulle nie laat gaan nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê: “Die mense van Israel en Juda is nie reg behandel nie. Die vyand wat hulle gevang het, het geweier om hulle vry te laat.