Jeremiah 50:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die hoogmoediges sal struikel en val, en niemand sal hom oprig nie; en Ek sal 'n vuur in sy stede aansteek, en dit sal hom rondom verteer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Verwaande land, julle sal struikel en val. En niemand sal julle help om weer op te staan nie. Ek sal julle dorpe aan die brand steek. Alles wat naby hierdie vuur is, sal afbrand.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan sal die vermetele struikel en val, en daar sal niemand wees wat hom optel nie; en Ek sal 'n vuur aansteek in sy stede, en dit sal sy hele omgewing verteer. |
| Afrikaans 1983 | Die hooghartige land struikel, hy val en niemand help hom op nie. Ek steek sy stede aan die brand, die vuur sal almal rondom hom verteer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die vermetele sal struikel en val, en niemand sal hom ophelp nie. Ek sal 'n vuur in sy dorpe aansteek, en dit sal sy hele omgewing verteer. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die opstandige mense sal val, en niemand sal hulle optel nie, Ek sal hulle stede aan die brand steek, en alles sal verbrand.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle is verwaand. Julle sal struikel en val. Daar is niemand wat julle sal help om weer op te staan nie. Ek sal julle stede aan die brand steek. Alles wat naby hierdie vuur is, sal afbrand.” |