Jeremiah 50:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, Ek het dit teen jou, o trotse, spreek die HERE HERE van die leërskare; want jou dag het gekom, die tyd dat Ek jou sal besoek.
Afrikaans (NLV) 2011 Die oppermagtige Here, die Almagtige, sê: “Julle is arrogant. Daarom word Ek nou julle vyand. Die tyd het gekom dat Ek julle gaan straf.
Afrikaans 1933/1953 Kyk, Ek het dit teen jou, o vermetele, spreek die Here HERE van die leërskare; want jou dag het gekom, die tyd dat Ek oor jou besoeking sal doen.
Afrikaans 1983 Ek gaan optree teen jou, hooghartige land, sê die Here God, die Almagtige, want jou dag het gekom, die tyd is daar dat Ek jou gaan straf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Dit is Ek teen jou, vermetele,” is die uitspraak van my Heer, die Here, Heerser oor alle magte. “Want jou dag het gekom, die tyd waarop Ek met jou afreken.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here praat, die Here wat oor alles regeer, sê: “Luister, opstandige mense, Ek is teen julle, want die dag het gekom wanneer Ek julle sal straf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here wat sterker as alles en almal is, sê vir die Babiloniërs: “Julle is arrogant. Ek is julle vyand. Die tyd het gekom dat Ek julle gaan straf.