Jeremiah 50:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want uit die noorde trek 'n nasie teen haar op wat sy land 'n wildernis maak, en niemand sal daarin woon nie; hulle sal wegtrek, hulle sal vertrek, mense sowel as dier. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Volk kom uit die noorde en val die land aan. Hulle verwoes die land van Babel, sodat niemand meer daar woon nie. Al wat mens en dier is, het weggevlug.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want 'n volk trek teen hom op uit die Noorde; dit sal sy land 'n woesteny maak, sodat daar geen inwoner in is nie; mense sowel as diere het gevlug, weggetrek. |
| Afrikaans 1983 | Daar trek 'n nasie uit die noorde teen hom op en maak sy land 'n verlate plek; daar woon niemand meer nie, mens en dier het op die vlug geslaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want 'n nasie trek teen haar op uit die noorde, hy sal haar land 'n woesteny maak; daar sal geen inwoner in haar wees nie. Mense sowel as diere swerf rond, hulle trek weg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | want 'n volk het uit die noorde gekom en hulle het Babel oorwin. Hulle het die land leeggemaak, daar is nie mense nie, niemand woon nou daar nie, die mense en diere het gevlug.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Volk het uit die noorde gekom en Babel aangeval. Babel is so erg vernietig dat niemand meer daar sal kan bly nie. Al wat mens en dier is, het weggevlug.” |