Jeremiah 50:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Roep die boogskutters bymekaar teen Babel: almal wat die boog span, kamp daarteen rondom; laat niks daarvan ontkom nie; vergeld haar volgens haar werk; doen met haar net soos sy gedoen het, want sy was trots teen die HERE, teen die Heilige van Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Roep jou boogskutters op teen Babel. Laat hulle die stad omsingel sodat niemand kan ontsnap nie. Doen aan die Babiloniërs wat hulle aan ander mense en lande gedoen het. Hulle het die Here, die Heilige van Israel, se gesag uitgedaag. |
| Afrikaans 1933/1953 | Roep teen Babel skutters op, almal wat die boog span; slaan laer op rondom teen hom, laat daar geen ontkoming wees nie! Vergeld hom na sy werk, doen met hom net soos hy gedoen het, want hy was vermetel teen die HERE, teen die Heilige van Israel. |
| Afrikaans 1983 | Roep baie manskappe op teen Babel, al die boogskutters; laat hulle kamp opslaan rondom hom, moenie dat een vrykom nie. Betaal hom terug vir wat hy gedoen het, doen aan hom soos hy aan ander gedoen het, want hy was hooghartig teen die Here, teen die heilige God van Israel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Roep die boogskutters op na Babel, almal wat die boog span! Beleër haar reg rondom! Daar moet geen wegkomkans wees nie. Vergeld haar in ooreenstemming met haar dade; net soos sy gedoen het, doen dit aan haar; want teen die Here het sy vermetel opgetree, teen die Heilige van Israel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet baie soldate roep om na Babel te kom, almal wat met 'n pyl en boog skiet. Julle moet julle tente opslaan rondom die stad, niemand moet vry wegkom nie. Julle moet die mense van die stad straf oor alles wat hulle gedoen het, julle moet aan hulle doen wat hulle aan julle gedoen het, want hulle was opstandig teen die Here, teen die Heilige God van Israel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Stuur jou gewapende manne na Babel. Laat hulle die stad omsingel sodat niemand kan ontsnap nie. Doen aan die Babiloniërs wat hulle aan ander mense en lande gedoen het. Hulle verdien dit, want hulle dink te veel van hulleself. Hulle het die Here se gesag uitgedaag. Daar is niemand wat soos Hy is nie. Hy is die Here van Israel. |