Jeremiah 50:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die stem van die vlugtelinge en vlugtelinge uit die land van Babel, om in Sion te verkondig die wraak van die HERE onse God, die wraak van sy tempel.
Afrikaans (NLV) 2011 Luister na die mense wat uit Babel ontsnap het. Hulle vertel in Jerusalem hoe die Here ons God wraak geneem het op die mense wat sy tempel vernietig het.
Afrikaans 1933/1953 Hoor! Vlugtelinge en mense wat vrygeraak het uit die land van Babel, om in Sion te verkondig die wraak van die HERE onse God, die wraak van sy tempel.
Afrikaans 1983 Luister hoe die vlugtelinge, dié wat uit Babel ontkom het, in Sion kom vertel hoe die Here ons God Hom gewreek het, Hom gewreek het oor sy tempel!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar is die geluid van vlugtelinge, en van hulle wat ontkom het uit die land Babilonië; hulle is daar om in Sion die wraak te verkondig van die Here, ons God – die wraak vir sy •tempel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Party mense het gevlug, en hulle het vry weggekom uit Babel. Hulle het in Sion kom vertel hoe ons God die Here vir Babel gestraf het oor wat hulle met sy tempel gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Luister wat die mense wat uit Babel ontsnap het, te sê het. Hulle vertel in Jerusalem hoe die Here ons God wraak geneem het op die mense wat sy tempel vernietig het.