Jeremiah 50:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Slaan al haar bulle dood; laat hulle afdaal ter slagting; wee hulle! want hulle dag het gekom, die tyd van hulle besoeking.
Afrikaans (NLV) 2011 Vat die bulle na die slagplek toe, maak hulle almal dood. ’n Slegte tyd breek aan, ’n tyd van straf.
Afrikaans 1933/1953 Slaan dood al sy jong stiere, laat hulle afgaan om geslag te word. Wee hulle, want hulle dag het gekom, die tyd van hulle besoeking.
Afrikaans 1983 Steek al sy leiers dood, maak hulle van kant! Ellende wag vir hulle, hulle dag het gekom, die tyd is daar dat hulle gestraf word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Slaan al sy jong bulle dood, hulle moet afgaan om geslag te word. Want hulle dag het gekom, die tyd wanneer met hulle afgereken word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet al hulle leiers doodmaak. Dit gaan nou sleg met hulle, want die dag het gekom wanneer Ek hulle sal straf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vat selfs die bulle na die slagplek en maak hulle daar dood. ’n Baie, baie slegte tyd het vir Babel gekom. Die tyd van hulle straf het gekom.”