Jeremiah 50:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kom teen haar van die uiterste grens af, maak haar skatkamers oop, gooi haar op soos hope en vernietig haar met die banvloek; laat niks van haar oorbly nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Val hulle van veraf lande aan. Breek die skure oop. Stapel hulle op soos ’n hoop graan. Vernietig hulle heeltemal. Laat niks oorbly nie!
Afrikaans 1933/1953 Kom aan teen hom van alle kante, maak oop sy voorraadskure, stapel hom op soos koringmiede, en tref hom met die banvloek! Hy moet geen oorblyfsel hê nie.
Afrikaans 1983 Val die land binne van alle kante af, breek oop sy graanskure! Gooi die lyke van sy inwoners op hope soos hope graan, roei hulle heeltemal uit, moet niemand laat oorbly nie!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Dring dit binne van alle kante af! Maak sy graanskure oop! Stapel die inwoners op soos graanhope en tref die land met die banvloek! Daar moet vir die land niks oorbly nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet van oral na Babel kom, julle moet hulle koringstore oopmaak, julle moet hulle soos hope koring opmekaar gooi, julle moet hulle almal doodmaak, nie een moet aanhou lewe nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Val die Babiloniërs van alle kante af aan. Breek die skure oop waar hulle die graan bêre. Maak die mense op ’n hoop bymekaar soos ’n hoop graan. Vernietig alles! Laat niks en niemand oorbly nie!