Jeremiah 50:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die HERE het sy wapenrusting oopgemaak en die wapens van sy grimmigheid te voorskyn gebring; want dit is die werk van die HERE HERE van die leërskare in die land van die Chaldeërs.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het die stoorplek van sy wapens oopgemaak. Hy het die wapens van sy woede uitgehaal. Die oppermagtige Here, die Almagtige, het werk wat Hy in die land van die Babiloniërs wil doen.
Afrikaans 1933/1953 Die HERE het sy skatkamer oopgemaak en die werktuie van sy grimmigheid uitgebring; want 'n werk is dit wat die Here HERE van die leërskare te doen het in die land van die Chaldeërs.
Afrikaans 1983 Die Here het sy arsenaal oopgemaak en die wapens van sy toorn uitgehaal, want Hy, die Here God, die Almagtige, het werk te doen in Galdeërland:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het sy voorraadkamer oopgemaak en die wapens van sy vervloeking uitgehaal. Want daar is 'n taak vir my Heer, die Here, Heerser oor alle magte, in die land van die Galdeërs.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het sy wapenkamer oopgemaak en Hy het sy wapens uitgehaal, want Hy is kwaad. Die Here wat oor alles regeer, wil iets doen in Galdeër-land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het die bêreplek van sy wapens oopgemaak. Hy het wapens uitgehaal wat Hom sou help om sy woede teen sy vyande te laat uitkom. Hy sê: “Ek, die Here, het ’n werk wat Ek in die land van die Babiloniërs wil doen.