Jeremiah 50:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het vir jou 'n strik gelê, en jy is ook gevang, o Babel, en jy het nie geweet nie; jy is gevind en ook gevang, omdat jy teen die HERE getwis het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het vir jou ’n strik gestel, Babel. Jy het daarin getrap sonder dat jy eers geweet het. Jy is gevang omdat jy teen My, die Here, in opstand was. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek het vir jou 'n strik gespan, en jy is ook gevang, o Babel, sonder dat jy dit geweet het; jy is betrap en ook gegryp, omdat jy jou teen die HERE in die stryd begeef het. |
| Afrikaans 1983 | Ek het vir jou 'n strik gespan waarvan jy nie geweet het nie, Babel, en jy is daarin gevang; jy is betrap en vasgevang omdat jy die stryd teen My, die Here, aangebind het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Ek het vir jou 'n strik gestel, en jy is toe ook gevang, Babel; maar jy het dit self nie besef nie. Jy is betrap en ook gevange geneem; want met die Here wou jy kragte meet.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Babel, jy het 'n vangstrik gemaak, en dit het jóú gevang, maar jy het dit nie geweet nie. Jy sit vas, want jy wou oorlog maak teen die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het vir jou ’n strik gestel, Babel, en jy het daarin getrap sonder dat jy eers geweet het. Jy is gevang omdat jy My, die Here, probeer aanvat het.” |