Jeremiah 50:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoe is die hamer van die hele aarde uitmekaar gesny en gebreek! hoe het Babilon 'n woesteny geword onder die nasies! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hoe sal die nasies skrik as hulle Babel se toestand sien! Die hamer wat mense verpletter het, lê stukkend geslaan en gebreek! |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoe is die hamer van die hele aarde afgekap en verbreek! Hoe het Babel geword 'n voorwerp van verbasing onder die nasies! |
| Afrikaans 1983 | Hoe gebreek, hoe in stukke lê die hamer nou waaronder die hele aarde moes ly! Hoe verlate het Babel geword tussen die nasies! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hoe is die hamer van die hele aarde nie stukkend gekap en verpletter nie! Hoe het Babel nie 'n skrikbeeld onder die nasies geword nie! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Babel was die hamer wat die aarde geslaan het, maar die hamer is nou stukkend. Die ander volke sal bang word wanneer hulle sien wat gebeur met Babel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Babiloniërs was soos ’n groot hamer wat die wêreld se mense verpletter het. Nou is dit hulle beurt om stukkend geslaan en gebreek te word. Die nasies sal hulle doodskrik as hulle die toestand van die Babiloniërs sien. |