Jeremiah 50:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Trek op teen die land Merataim, daarteen, en teen die inwoners van Pekod; verwoes en vernietig hulle met die banvloek, spreek die HERE, en doen net soos Ek jou beveel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sê: “Trek op teen die land Meratajim en teen die inwoners van Pekod. Agtervolg hulle, maak hulle dood en wis hulle heeltemal uit. Doen alles wat Ek julle beveel het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Teen die land Merat im, trek daarteen op en teen die inwoners van Pekod! Verwoes en tref met die banvloek agter hulle, spreek die HERE, en doen net soos Ek jou beveel het. |
| Afrikaans 1983 | Trek op teen Meratajim en teen die inwoners van Pekod, maak hulle dood, roei hulle heeltemal uit, sê die Here, maak met hulle presies soos Ek jou beveel! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Teen die land Meratajim, trek daarteen op, en teen die inwoners van Pekod! Agtervolg hulle met doodslag en die banvloek! ” is die uitspraak van die Here. “Doen alles wat Ek jou beveel!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Jy moet na die land Meratajim gaan, jy moet die mense van die land Pekod gaan aanval, jy moet hulle stede verwoes, jy moet hulle almal doodmaak. Jy moet alles doen wat Ek vir jou sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “Trek op en gaan baklei teen die Babiloniërs, van Meratajim af tot by Pekod. Agtervolg die mense, maak hulle dood en laat hulle heeltemal verdwyn. Doen alles presies soos Ek vir julle sê om te doen. |