Jeremiah 50:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In dié dae en in dié tyd, spreek die HERE, sal die ongeregtigheid van Israel gesoek word, maar dit sal nie wees nie; en die sondes van Juda, en dit sal nie gevind word nie, want Ek sal die wat Ek bewaar, vergewe.
Afrikaans (NLV) 2011 In daardie tyd,” sê die Here, “sal mense verniet soek na Israel en Juda se oortredings; hulle sal niks vind nie. Die mense wie se lewens Ek gespaar het, sal Ek vergewe.”
Afrikaans 1933/1953 In die dae en in die tyd, spreek die HERE, sal die ongeregtigheid van Israel gesoek word, maar dit sal daar nie wees nie; en die sondes van Juda, maar hulle sal nie gevind word nie; want Ek sal vergifnis skenk aan diegene wat Ek laat oorbly.
Afrikaans 1983 Dan, in daardie tyd, sê die Here, sal daar navraag gedoen word na die sonde van Israel, na die oortredings van Juda, maar daar sal niks wees nie, niks gevind word nie, want Ek sal die sonde van dié wat Ek laat oorbly, vergewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In daardie dae en in daardie tyd,” is die uitspraak van die Here, “sal die sondeskuld van Israel gesoek word, maar dit sal nie daar wees nie, ook die sondes van Juda, maar dit sal nie gevind word nie. Want Ek sal dié wat Ek laat oorbly, vergewe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Daardie tyd sal mense vra wat Israel verkeerd gedoen het en watter sonde Juda gedoen het. Maar hulle sal nie skuldig wees nie, want Ek sal al die sondes vergewe van hulle mense wat nog lewe.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In hierdie spesifieke tyd sal ’n mens verniet soek na verkeerde dinge wat Israel en Juda sou gedoen het, want dit sal weg wees. Ek het ’n groep mense in die land laat agterbly toe ander van hulle volk uit die land weggevat is. En hierdie mense het Ek vergewe vir wat hulle verkeerd gedoen het.”