Jeremiah 50:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verkondig onder die nasies en maak bekend en stel 'n vaandel op; verkondig en verberg nie; sê: Babel is ingeneem, Bel is beskaamd, Merodak is in stukke gebreek; haar afgode is beskaamd, haar beelde is in stukke gebreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sê: “Vertel vir die nasies, maak dit oral bekend. Hys ’n vlag sodat almal dit kan sien. Moet niks wegsteek nie! Sê: Babel is ingeneem! Bel is verneder, Marduk is verslae. Hulle beelde kom in die skande, hulle afgode is verwoes. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verkondig onder die nasies en laat hoor, en steek 'n banier op, laat hoor; verberg dit nie; sê: Babel is ingeneem, Bel staan beskaamd, Merodag is verskrik; sy afgode staan beskaamd, sy drekgode is verskrik. |
| Afrikaans 1983 | Vertel vir al die nasies, kondig dit aan! Hou 'n vaandel op, kondig dit aan! Moet dit nie stil hou nie, sê: Babel is ingeneem, Bel is verslaan, Marduk staan verskrik, Babel se beelde staan verslae, sy afgode staan verskrik. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Maak dit bekend onder die nasies; laat hulle dit hoor! Hou 'n banier omhoog; laat hulle dit hoor! Moet dit nie wegsteek nie! Julle moet sê, ‘Babel is ingeneem! Bel staan beskaamd, Marduk staan verslae. Babel se afgode staan beskaamd, haar afgodsbeelde staan verslae.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Julle moet vir al die volke vertel, julle moet 'n vlag in die lug ophou, julle moet praat, julle moenie stilbly nie, julle moet sê: Vyande het die land Babel oorwin. Bel kan nie help nie, Marduk is bang, die afgode kan nie help nie, hulle is bang, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “Vertel vir die hele wêreld, sê dit oral. Skryf dit op ’n banier sodat almal dit kan sien. Moet niks wegsteek nie! Sê en skryf: Babel is ingeneem! Hulle afgode, Bel en Marduk, is verneder en verslae oor die vernietiging. Al Babel se afgode het in die skande gekom, want hulle is eintlik niks werd nie. Die afgryslike afgodsbeelde is ook verwoes. |