Jeremiah 50:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal Israel terugbring na sy woonplek, en hy sal op Karmel en Basan wei, en sy siel sal versadig word op die berg Efraim en Gílead. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal die mense van Israel na hulle eie weivelde terugbring. Hulle sal weer wei op die velde van Karmel en Basan. Die heuwelgebiede van Efraim en Gilead sal vir hulle genoeg gee om van te lewe. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal Israel na sy weiveld terugbring, en hy sal wei op Karmel en in Basan; en sy siel sal op die gebergte van Efraim en in G¡lead versadig word. |
| Afrikaans 1983 | Maar vir Israel sal Ek terugbring na sy weiveld toe, en hy sal op Karmel en in Basan wei, hy sal volop te wei hê op die Efraimsberge en in Gilead. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal Israel terugbring na sy weiveld, en hy sal op Karmel en Basan wei. Op die bergland van Efraim en in Gilead sal hy versadig word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En Ek sal Israel laat terugkom na hulle land. Hulle is my skape en hulle sal wei op Karmel-berg en Basan-berg, hulle sal genoeg kry om te eet op die Efraim-berge en op die Gilead-berge.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Verder sal Ek die mense van Israel na hulle land toe laat terugkom. Hulle sal weer in die omgewing van Karmel en Basan ’n bestaan maak. Die heuwelgebied van Efraim en Gilead sal vir hulle genoeg gee om van te leef. |