Jeremiah 50:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel; Kyk, Ek gaan besoeking doen oor die koning van Babel en sy land, soos Ek oor die koning van Assirië gestraf het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: “Ek gaan die koning van Babel en sy land nou straf net soos Ek die koning van Assirië gestraf het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek doen besoeking oor die koning van Babel en oor sy land, soos Ek besoeking gedoen het oor die koning van Assur. |
| Afrikaans 1983 | Daarom, so sê die Here die Almagtige, die God van Israel, sal Ek die koning van Babel en sy land straf soos Ek die koning van Assirië gestraf het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, so sê die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel: “Kyk, Ek gaan van die koning van Babilonië en sy land rekenskap eis, soos wat Ek van die koning van Assirië rekenskap geëis het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: “Daarom sal Ek die koning van Babel en sy land straf soos Ek die koning van Assirië gestraf het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here wat die God van Israel is, is sterker as alles en almal. Hy sê: “Ek sal die koning van Babel en sy land straf net soos Ek die koning van Assirië gestraf het. |