Jeremiah 50:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Israel is 'n verstrooide skaap; die leeus het hom verdryf; eers het die koning van Assirië hom opgeëet; en laaste het hierdie Nebukadrésar, die koning van Babel, sy gebeente gebreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die mense van Israel is soos skape wat deur leeus uitmekaargejaag word. Eers het die koning van Assirië hulle opgevreet, en nou het koning Nebukadnesar van Babel hulle bene skoongevreet.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Israel is 'n rondgejaagde skaap wat die leeus weggedrywe het; eers het die koning van Assur hom opgeëet, en nou ten laaste het Nebukadr,sar, die koning van Babel, sy gebeente afgeknaag. |
| Afrikaans 1983 | Israel is 'n verjaagde skaap, leeus het hom rondgejaag. Eers het die koning van Assirië hom opgevreet, en nou het koning Nebukadnesar van Babel sy bene skoongevreet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Israel is 'n verwilderde skaap; leeus het hom verdryf. Eers het die koning van Assirië hom verslind; en nou teen die einde het Nebukadresar, die koning van Babilonië, aan sy bene geknaag. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “ Israel is soos skape wat weggeraak het, leeus het hulle weggejaag na al die kante toe. Die koning van Assirië het eers die Israeliete opgevreet, en toe het koning Nebukadnesar van Babel hulle bene stukkend gekou.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê ook: “Die mense van Israel is soos skape wat deur leeus uitmekaargejaag is. Eers het die koning van Assirië hulle begin eet en nou is Nebukadnesar, die koning van Babel, besig om hulle bene te kou.” |