Jeremiah 50:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Roei die saaier uit Babel uit en hom wat die sekel hanteer in die tyd van die oes; uit vrees vir die verdrukkende swaard sal hulle elkeen na sy volk bekeer en elkeen na sy eie land vlug. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Neem die boere weg uit Babel, ook hulle wat die lande afoes. As die gevegte aan die gang is, moet mense na hulle eie volke terugkeer. Elkeen moet na hulle land vlug.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Roei uit Babel uit die saaier en die wat die sekel hanteer in die oestyd; laat hulle vanweë die verdrukkende swaard elkeen na sy volk omdraai en elkeen na sy land vlug! |
| Afrikaans 1983 | Laat uit Babel die saaier verdwyn en dié wat in die oestyd koring sny! Elkeen sal padgee na sy eie volk toe, elkeen sal na sy eie land toe vlug voor die swaard wat so wild te kere gaan! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Roei die saaiers in Babel uit, ook dié wat die sekel vashou in die oestyd. Weens die gewelddadige swaard sal elkeen van hulle na sy volk draai, en elkeen van hulle na sy land toe vlug. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet die mense wat koring saai, uit Babel laat verdwyn, en ook die mense wat koring afsny. Julle moet hulle doodmaak met 'n swaard wat nie ophou om dood te maak nie. Al die mense van ander lande sal na hulle eie volke en lande vlug. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vat die mense wat op die lande werk en saai uit Babel weg. Doen dit ook met die mense wat die oes van die lande af inbring. Die mense wat gevangenes in Babel is, moet sorg dat hulle ontsnap as die gevegte aan die gang is. Hulle moet na hulle eie land en mense toe wegvlug.” |