Jeremiah 50:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jubel teen haar rondom; sy het haar hand gegee; haar fondamente het geval, haar mure is afgebreek; want dit is die wraak van die HERE; neem wraak op haar; doen aan haar soos sy gedoen het.
Afrikaans (NLV) 2011 Skreeu op hulle van alle kante. Babel het oorgegee! Die mure van die stad het omgeval. Die Here wreek Hom op Babel. Doen aan hulle soos hulle aan ander mense gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 Juig oor hom rondom -- hy het hom oorgegee, sy pilare het geval, sy mure is afgebreek; want dit is die wraak van die HERE; wreek julle op hom, doen aan hom soos hy gedoen het!
Afrikaans 1983 Laat die krygsgeskreeu van alle kante af teen hom klink! Hy gee oor, sy torings val, sy mure word afgebreek! Dit is die Here wat Hom op Babel wreek: wreek julle op hom, doen aan hom wat hy aan julle gedoen het!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hef die krygsgeskreeu teen haar aan van alle kante! Sy gee oor, haar torings val, haar mure word afgebreek; want dit is die wraak van die Here. Wreek julle op haar! Soos wat sy gedoen het, doen dit aan haar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet skree wanneer julle die stad aanval van al die kante. Die mense van Babel hou op om te veg, die torings van Babel val om, die vyande breek die stad se mure af, want die Here straf die mense van die stad. Julle moet met die mense van Babel dieselfde doen wat hulle met julle gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Skree maar gerus daar waar julle julle plekke ingeneem het om die stad. Babel het oorgegee. Die mure van die stad het omgeval. Die Here straf hierdie mense nou, julle hoef hulle nie te spaar nie. Doen aan hulle soos hulle aan ander mense gedoen het.