Jeremiah 50:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Stel julle in slagorde teen Babel rondom; almal wat die boog span, skiet op haar, spaar geen pyle nie, want sy het gesondig teen die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Boogskutters, omsingel Babel. Maak julle reg om aan te val! Moet nie julle pyle spaar nie! Want die mense van Babel het teen die Here gesondig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Stel julle op teen Babel rondom, julle almal wat die boog span! Beskiet hom, spaar die pyle nie! Want hy het teen die HERE gesondig. |
| Afrikaans 1983 | Ruk van alle kante af op teen Babel, almal met pyl en boog! Skiet hom, moenie spaarsaam wees met die pyle nie! Hy het teen die Here gesondig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Stel die gevegslinies op teen Babel aan alle kante – almal wat die boog span! Skiet op haar, moenie 'n pyl spaar nie! Want teen die Here het sy gesondig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle wat skiet met 'n pyl en boog, julle moet Babel aanval van al die kante. Julle moet skiet, julle moet al julle pyle gebruik, want Babel het sonde gedoen teen die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “Julle almal wat boogskutters is, omsingel Babel en maak julle reg om aan te val. Laat julle pyle sonder ophou op hulle reën. Die mense van Babel het verkeerde dinge gedoen waarvan die Here net mooi niks hou nie. |